Vir die jongste weergawe van hierdie leesmy-lêer, sien http://www.openoffice.org/welcome/readme.html
Beste gebruiker
Hierdie lêer bevat belangrike inligting aangaande hierdie program. Lees asseblief hierdie inligting baie noukeurig deur voor u begin werk.
Die OpenOffice.org-gemeenskap wat vir die ontwikkeling van hierdie produk verantwoordelik was, nooi u om as lid by ons gemeenskap aan te sluit. As nuwe gebruiker kan u die OpenOffice.org-webwerf besoek waar u nuttige gebruikerinligting sal kry:
http://www.openoffice.org/about_us/introduction.html
Lees ook die afdelings oor hoe om by die OpenOffice.org-projek betrokke te raak.
Stelselvereistes:
As u sukkel om OpenOffice.org te begin (bv. as die program hang) of as daar probleme is met skermvertoon, kan dit moontlik deur die grafikakaartdrywer veroorsaak word. As u hierdie probleme ondervind, gradeer asseblief u grafikakaartdrywer op of gebruik die grafikadrywer wat saam met u bedryfstelsel gekom het. Probleme by die vertoon van 3-D-voorwerpe kan dikwels opgelos word deur die opsie "Gebruik OpenGL" te deaktiveer by 'Nuts - Opsies - Bekyk - 3-D-aansig'.
U kan OpenOffice.org 2.0 saam met 'n ouer weergawe van OpenOffice.org installeer. Indien u later sou besluit om die ouer weergawe van OpenOffice.org te deïnstalleer, moet u die installasieprogram van die jonger weergawe laat loop en die 'Herstel'-opsie kies. Dit verseker dat die nuwe weergawe korrek op u stelsel geregistreer word.
Let op dat kopieer en plak tussen OpenOffice.org 2.0 en OpenOffice.org 2.0 moontlik nie sal werk in OpenOffice.org-formaat nie. Indien dit gebeur, kies 'Redigeer - Plak Spesiaal' en kies 'n formaat wat nie die OpenOffice.org-formaat is nie, of open die dokument direk in OpenOffice.org 2.0.
Maak asseblief seker dat u voldoende geheue in die tydelike gids op u stelsel het en dat lees-, skryf- en looptoegang toegestaan is. Sluit alle ander programme af voor u die installasie begin.
Indien u probleme ondervind met die begin van OpenOffice.org (gewoonlik wanneer 'n mens Gnome gebruik), deselekteer asseblief die SESSION_MANAGER-omgewingsveranderlike binne die dop wat u gebruik om OpenOffice.org te begin. Dit kan gedoen word deur die reël "unset SESSION_MANAGER" by die begin van die soffice-dopskrip te skryf wat gevind kan word in die "[office-vouer]/program"-gids.
U kan die font in OpenOffice.org verander wat vir skermvertoon en drukwerk gebruik word deur dit met 'n ander font te vervang wat op u stelsel geïnstalleer is. Dit kan gedoen word deur die fontvervangingsfunksie. Kies 'Nutsgoed - Opsies - OpenOffice.org - Lettertipes' om die fontvervangtabel te bekyk.
Om die font te verander wat in die OpenOffice.org-gebruikerkoppelvlak gebruik word, moet u die verstekfont "Andale Sans UI" met 'n ander font vervang en die "altyd"-opstelling vir die vervanging merk.
Verwys na die OpenOffice.org-hulp vir 'n uitgebreide verduideliking van hierdie dialoog.
Slegs snelsleutels (sleutelkombinasies) wat nie deur die bedryfstelsel gebruik word nie, kan in OpenOffice.org gebruik word. Indien 'n sleutelkombinasie in OpenOffice.org nie werk soos in die OpenOffice.org-hulp beskryf word nie, kyk of daardie snelsleutel nie reeds deur die bedryfstelsel gebruik word nie. Om sulke konflikte uit te stryk, kan u die sleutels wat deur u bedryfstelsel toegeken is, verander. Of u kan byna enige sleuteltoekenning in OpenOffice.org verander. Lees die OpenOffice.org-hulp of die hulpdokumentasie van u bedryfstelsel vir meer inligting oor di onderwerp.
In die verstek-opstelling is lêervassluit in OpenOffice.org aangeskakel. Om dit af te skakel moet u die regte omgewingsveranderlikes SAL_ENABLE_FILE_LOCKING=0 opstel en SAL_ENABLE_FILE_LOCKING uitvoer. Hierdie inskrywings bestaan reeds in aangeskakelde vorm in die soffice-skriplêer.
Waarskuwing: Die geaktiveerder lêersluitfunksie kan probleme met Solaris 2.5.1 en 2.7 veroorsaak wat saam met Linux NFS 2.0 gebruik word. Indien u stelselomgewing hierdie parameters het, beveel ons sterk aan dat u die lêersluitfunksie vermy. Anders mag OpenOffice.org dalk hang wanneer u 'n lêer probeer oopmaak op 'n NFS-gehegde gids op 'n Linux-rekenaar.
Gedeeltes kopiereg 1998, 1999 James Clark. Gedeeltes kopiereg 1996, 1998 Netscape Communications Corporation.
Die OpenOffice.org-gemeenskap sou graag wou hê dat u aktief in die ontwikkeling van hierdie belangrike oopbronprojek deelneem.
As gebruiker is u reeds 'n waardevolle deel van die suite se ontwikkelingsproses en ons hoop om u te kan aanmoedig om 'n selfs aktiewer rol te speel as langtermynbydraer tot die gemeenskap. Sluit asseblief aan en bekyk die gebruikerbladsy te: http://www.openoffice.org
Voltooi asseblief die minimale produkregistrasie-proses wanneer u die sagteware installeer. Registrasie is opsioneel, maar ons moedig u aan om te registreer, aangesien die inligting die gemeenskap help om selfs beter sagteware te maak en direk in gebruikerbehoeftes te voorsien. Danksy die privaatheidsbeleid neem die OpenOffice.org-gemeenskap elke voorsorgmaatreël om u persoonlike data te beskerm. Indien u die registrasie tydens installasie misgeloop het, kan u enige tyd registreer by http://www.openoffice.org/welcome/registration-site.html
Daar is ook 'n gebruikeropname aanlyn wat ons graag wil hê u moet invul. Die resultate van die gebruikeropname help OpenOffice.org om vinniger nuwe standaarde te stel vir die skepping van 'n volgendegenerasie-kantoorsuite. Danksy die privaatheidbeleid neem die OpenOffice.org-gemeenskap elke voorsorgmaatreël om u persoonlike data te beskerm.
Die OpenOffice.org-webwerf bevat IssueZilla, ons meganisme vir die rapportering, naspeuring en oplossing van vlooie en probleme. Ons moedig alle gebruikers aan om te voel hulle is welkom om probleme te rapporteer wat voorkom op hulle spesifieke platform. Hoe meer probleme aangemeld word, hoe beter kan die gebruikergemeenskap volgehoue ontwikkeling en verbetering van die suite bewerkstellig.
Hier is 'n paar projekposlyste waarop u kan inteken, by http://www.openoffice.org/mail_list.html
U kan groot bydraes lewer tot hierdie oopbronprojek selfs al het u beperkte sagtewareontwerp- of koderingservaring. Ja, u kan!
By http://projects.openoffice.org/index.html u sal projekte vind wat wissel van lokalisering, pasmaking en Groepware tot regte kernkoderingsprojekte. As u nie 'n ontwikkelaar is nie, probeer die dokumentasie- of bemarkingsprojek. Die OpenOffice.org-bemarkingsprojek behels beide guerrilla- en tradisionele handelstegnieke om oopbronsagteware te bemark. Ons doen dit oor taal- en kultuurgrense heen.
U kan ons help deur mense van hierdie kantoorsuite te vertel. U kan help deur by die bemarkings-, kommunikasie- en inligtingsnetwerk aan te sluit, by: http://marketing.openoffice.org/contacts.html waar u puntkommunikasiekontak met die pers, media, regeringsagentskappe, konsultante, skole, Linux-gebruikergroepe en ontwikkelaars in u land of plaaslike gemeenskap kan verleen.
Indien u hulp nodig het met die OpenOffice.org 2.0-kantoorsuite, lees deur die argief vir vrae wat reeds deur die 'users@openoffice.org'-poslys beantwoord is: http://www.openoffice.org/mail_list.html. Alternatiewelik kan u ook vrae stuur na users@openoffice.org. Onthou dat u by die lys ingeteken moet wees om 'n antwoord per e-pos te kry.
Kyk ook die Neulvrae-afdeling by http://user-faq.openoffice.org/.
Die beste manier om te begin bydra, is om by een of meer van die poslyste in te teken, vir 'n rukkie te loerlees, en mettertyd die posargief te gebruik om meer oor die verskeie onderwerpe onder bespreking te leer wat bespreek is sedert die OpenOffice.org-bronkode in Oktober 2000 beskikbaar gestel is. Wanneer u gemaklik voel, stel jouself voor met 'n e-posbriefie en begin dadelik deelneem. As u bekend is met oopbronprojekte, kan u ons moetdoen-lys lees om te kyk waar u van hulp kan wees, by http://development.openoffice.org/todo.html.
Ons hoop u geniet dit om met die nuwe OpenOffice.org 2.0 te werk en dat u aanlyn by ons sal aansluit.
Die OpenOffice.org-gemeenskap